'n Jong boer van Kwazulu Natal moes sy vuurwapenopleiding gebruik om sy gesin en sy plaas te beskerm tydens 'n gefnuikte plaasaanval op 21 Oktober 2023. Die 27-jarige boer is omstreeks 01:00 deur ‘n geraas by een van die opstal se agterdeure uit sy slaap geroer. Hy het dadelik sy vuurwapen gegryp en ondersoek ingestel.
Toe hy uit sy slaapkamer stap, is hy deur vier gewapende mans gekonfronteer. Die aanvallers het met messe op hom afgestorm, wat die boer met geen keuse gelaat het as om op die aanvallers te skiet nie. Hy het twee van die aanvallers doodgeskiet en ‘n derde gewond voordat hy saam met die vierde aanvaller in die suikerreitveld verdwyn het het.
Die boer het hulp ontbied en saam met 'n privaat sekuriteitsmaatskappy probeer om die twee verdagtes in die suikerrietveld op te spoor, maar dit was te ruig. Die plaaslike polisie het gesê hulle ondersoek ‘n klagte van poging tot roof en twee aanklagte van moord.
Ons strafregskenner, Dr. Llewelyn Curlewis sê:
“Die omstandighede rondom die aanval, is net nog 'n voorbeeld van die haglike nood waarin plaaseienaars hulself in Suid-Afrika bevind. Ek het geen twyfel dat hierdie jong man binne die wet opgetree het nie. Dit is duidelik dat hy slegs sy familie wou beskerm. Geen hof sal van 'n persoon verwag om nie op te tree soos dié jong boer uiteindelik gedoen het nie.
'n Verdere vraag ontstaan hier:
Sou die boer wettig opgetree het as hy op die vlugtende aanvallers geskiet het?
Advokaat Henk Nolte, 'n Direkteur van Firearms Guardian verduidelik:
“Een van die vereistes in 'n saak van selfverdediging is dat 'n aanval op die slagoffer op hande moet wees, maar nog nie afgehandel is nie. In ons huidige scenario het die aanval op die slagoffer gestop en is voltooi die oomblik toe die aanvallers opgehou het met hul aanval en begin vlug het. Daar was dus nie meer 'n redevir die boer om ter verdediging van sy lewe of eiendom op te tree nie. Die boer sou dus geen reg gehad het om skote op die vlugtende aanvallers af te vuur nie. Vuurwapeneienaars moet die wakker slaap in situasies soos hierdie. Indien die boer skote op vlugtende aanvallers afgevuur het, sou hy vervol kon word. Selfverdediging is nie 'n manier om wraak te neem of 'n vorm van ‘n straf op te lê nie. ’n Vuurwapeneienaar tree onregmatig op as hy sy vuurwapen teen ’n aanvaller gebruik as die aanval op hom reeds iets van die verlede is.”
Wat as dit volgende keer dalk ek is?
In Suid-Afrika kan niemand bekostig om te sê, "dit sal nie met my gebeur nie." Jy moet gereed wees om jou en jou gesin te verdedig. Firearms Guardian verstaan jou kommer oor die veiligheid van jou gesin en is daar vir jou wanneer jy drastiese stappe moet neem om diegene wat jy liefhet te beskerm. In enige ondersoek ná die gebruik van jou vuurwapen, het jy Firearms Guardian nodig om jou te beskerm en jou belange te bewaak.
Ons bied toegang tot 'n span regskenners 24/7 vanaf so min as R135.00 per maand. Afhangende van die opsie wat jy kies, sal jy omvattende regsdekking tot R300 000 per jaar kry. Firearms Guardian het jou gedek!
Firearms Guardian is ‘n korttermyn versekeringsproduk, geadministreer deur Firearms Guardian (Pty) Ltd, ‘n gemagtigde FDV (FSP47115) en onderskryf deur GENRIC Insurance Company Limited (GENRIC), (FSP 43638), ‘n gemagtigde FDV en gelisensiërde nie-lewens Versekeraar.


