Die Firearms Guardian polis dek jou as gelisensieerde vuurwapeneienaar en jou gesin vir:
A
Regsbystandsdekking
Die Fireams Guardian polis dek jou vir regskostes wat jy moet aangaan met betrekking tot advies en verteenwoordiging deur ‘n prokureur of advokaat in die volgende gevalle:
- Moord.
- Poging tot moord.
- Strafbare manslag.
- Aanranding met die doel om ernstig te beseer.
- Jagverwante vervolgings.
- Besering/skade aan persone of eiendom wat uit die gebruik van ’n vuurwapen voortspruit.
- Skietongelukke tydens jagtogte/sportskietgeleenthede/vuurwapen-opleidingsessies, ens.
- Aansoeke om borgtog.
- Betaling van borgtog tot R5 000.
- Appèlle wat met enige vuurwapenverwante vervolging, soos vervat in die polisbewoording, verband hou.
- Die onwettige besit van ’n vuurwapen.
- Waar ‘n persoon daarvan bewus is dat iemand anders ’n vuurwapen onwettig besit en dit nie by die SAPD aanmeld nie.
- Die veroorsaking van liggaamlike leed aan ’n persoon deur ’n vuurwapen op nalatige wyse te gebruik.
- Die afvuur van ’n vuurwapen op ’n wyse wat waarskynlik ’n persoon kan beseer of eiendom kan beskadig.
- Beheer oor ’n gelaaide vuurwapen uitoefen onder omstandighede waar dit ’n risiko vir die veiligheid of eiendom van ’n persoon veroorsaak en daar geen redelike voorsorgmaatreëls getref word om dié gevaar te verhoed nie.
- Om beheer oor ’n vuurwapen te gee aan ’n persoon, wetende dat dié persoon geestelik siek is of onder die invloed is van ’n middel wat ‘n bedwelmende of ’n verdowende invloed het.
- Die rig van ’n vuurwapen op ’n ander persoon sonder goeie rede.
- Die afvuur van vuurwapen in ’n beboude gebied of openbare plek.
- Die versuim om ‘n vuurwapen in ’n voorgeskrewe kluis, brandkamer of toestel vir veilige bewaring weg te sluit.
- Die verlies van ’n vuurwapen weens die versuim om dit in ’n kluis, brandkamer of toestel vir veilige bewaring weg te sluit, of weens die versuim om redelike stappe te doen om die verlies daarvan te verhoed, of weens die versuim om die sleutels van die kluis, brandkamer of toestel in veilige bewaring te hou.
- Eienaarskap van ‘n vuurwapen of ammunisie gee aan ’n persoon wat nie gemagtig is om so ’n vuurwapen of ammunisie te besit nie.
- Die versuim om ’n verlore, gesteelde of vernietigde vuurwapen by die SAPD aan te meld.
- Die dra of stoor van ’n vuurwapen in ’n vuurwapenvrye sone.
- Die deaktivering van ’n vuurwapen.
- Die dra van ’n vuurwapen in ’n openbare plek.
- Om enige persoon toe te laat om hul vuurwapen te gebruik terwyl dit nie onder hul onmiddellike toesig is nie, waar dit veilig is om die vuurwapen te gebruik en vir 'n wettige doel.
- Om ’n vuurwapen te gebruik waar dit nie veilig is om só te doen nie.
- Kennisgewing van adresverandering.
- Kennisgewing van enige veranderinge met betrekking tot enige inligting wat ingedien is ten opsigte van die vuurwapen lisensie aansoek.
- Ontslae raak van ’n vuurwapen nadat ’n lisensie gekanselleer is.
- Verlore, gesteelde of beskadigde lisensies.
- Beskikbaarstelling van lisensies en vuurwapens vir inspeksie.
- Die versuim om aan die voorwaardes van ’n lisensie te voldoen.
- Die versuim om te voldoen aan enige voorwaarde, voorligting of vereiste wat ingevolge die Wet op Vuurwapenbeheer uitgereik is.
- Die onwettige besit van ammunisie.
- Die besit van buitensporige hoeveelhede patrone.
- Die besit van meer as die toegelate getal ontstekers.
- Geskille wat met die aankoop van ‘n vuurwapen verband hou.
- Boedelvuurwapens.
- Skadevergoedingseis weens die dood of besering van ’n derde party veroorsaak deur die gebruik van jou vuurwapen.
- Persoonlike en liggaamlike beserings
- Verlies van of skade aan eiendom deur gebruik van jou vuurwapen.
- Siviele eise wat voortspruit uit onwettige of ongelisensieerde jag met jou vuurwapen.
- Skietongelukke tydens:
- Jagtogte
- Sportskietgeleenthede,
- Vuurwapenopleidingsessies,
- Oefen op skietbaan, of
- Normale hantering van 'n vuurwapen soos skoonmaak en opstel van 'n geweer. Versekerde Aangeleenthede ten opsigte van instruksies vir jagsafari-pakkette.
- Skade aan jagtoerusting.
- Skade aan jagfasiliteite
- Probleme met betrekking tot taksidermie.
- Skade aan of verlies van die trofee tydens ’n gereëlde jagekspedisie
- Aangeleenthede wat verband hou met skietoefeninge by skietbane.
- Aangeleenthede wat verband hou met sportskietbeoefeninge.
- Aangeleenthede wat verband hou met vuurwapenopleiding.
Die versekerde word ook gedek vir regskostes met betrekking tot die volgende aangeleenthede bykomend tot die bogenoemde sivielregtelike eise:
- Regsopinies m.b.t. tot enige vuurwapenaangeleentheid.
- Vuurwapens wat deel vorm van 'n landgoed.
- Onwettige arrestasie deur die SAPD en metropolisie.
- Wanpraktyke deur dokters.
- Nalatigheid in hospitale.
- Dispute met mediese skemas.
- Verbruikersverwante regsprobleme.
- Waarborge.
- Defektiewe goedere.
- Probleme met versekeringsmaatskappye
- Probleme met bure.
- Beskermingsbevele.
Beperk tot jou reise na en van jagekspedisies, sportskietgeleenthede en vuurwapenopleidingsessies:
- Strafregtelike vervolging met betrekking tot Motorvoertuigongelukke.
- Dronkbestuur.
- Roekelose of nalatige bestuur.
- Strafbare manslag weens ’n ongeluk.
- Administratiewe hulp met betrekking tot:
- Onbevoegde verklarings om 'n vuurwapen te besit.
- Appèl teen 'n afgekeurde vuurwapenlisensie-aansoek.
- Situasies met die verskaffing van 'n goedgekeurde lisensie-aansoek deur SAPD.
B
Dekking Vir Vuurwapenaanspreeklikheid
Onderhewig aan die bepalings en voorwaardes van die Firearms Guardian polis, word jy gedek vir skadevergoeding (eis vir geldwaarde) waarvoor jy aanspreeklik word na die dood of liggaamlike besering van ‘n derde party of verlies van of skade aan tasbare roerende of onroerende eiendom, wat veroorsaak word deur die gebruik van jou vuurwapen en wat tot ‘n eis lei.
- Ongelukke tydens jagtogte, georganiseerde sportskietgeleenthede en vuurwapenopleidingsessies.
- Toevallige / onbeplande afvuur van die wapen.
- Ter selfverdediging.